Die Bram Fischer Wals

Author(s):
  • Publication Date: Nov 2016
  • Dimensions and Pages: 130 mm x 125mm Soft cover
  • Paperback EAN: 978-1-77614-005-3
  • PDF EAN: 978-1-77614-006-0
  • Rights: World
  • Recommended Price (ZAR): 150.00

Voorwoord deur Advokaat George Bizos

Hoewel hy algemeen bekend is as die Afrikaner-Kommunis wat vir Nelson Mandela van die galg gered het, is bitter min bekend oor Bram Fischer die man. Fischer was ’n gerespekteerde senior advokaat by die Johannesburgse Balie, wat gekies het om hom by die onderdruktes te skaar en wat ondergronds gegaan het om by die gewapende stryd aan te sluit. Hy is op 5 November 1965 in hegtenis geneem nadat hy vir bykans tien maande op vlug was.
“Ek is dit verskuldig aan politieke gevangenes, aan die uitgewekenes, aan dié wat stilgemaak is en diegene onder huisarres om nie ’n toeskouer te bly nie, maar op te tree.”
Ná Bram Fischer dié woorde uit sy verklaring voorgelees het, wat hy in die beskuldigdebank tydens sy hoogverraadverhoor  elewer het, is hy lewenslange tronkstraf opgelê.
As afstammeling van ’n trotse Afrikanerfamilie, wat ’n eerste minister en ’n regterpresident van die Oranje-Vrystaat ingesluit het, was hy ’n onwaarskynlike held van die bevrydingstryd. Fischer was beginselvas ten opsigte van sy politieke oortuiginge en aangevuur deur sy onwrikbare integriteit en sy verbintenis tot die droom van ’n nie-rassige demokrasie, maar ook ’n humoristiese, opgewekte mens en ’n toegewyde gesinsman vir sy vrou en kinders.
Die vele fasette van die merkwaardige man word weerspieël in Die Bram Fischer Wals, Harry Kalmer se liriese huldeblyk. Dié bondige, maar kragtige solostuk, met die protagonis as die verteller, neem die gehoor op ’n emosionele reis(soos Fischer se verhaal ontvou.
Die opvoering het in 2013 ’n silwer Standard Bank Ovation-prys gewen met die première van die Engelse weergawe by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Dit is in 2014 bekroon met die Adelaide Tambo-prys vir menseregte in die kunste.
Die teks word aangevul met ’n voorwoord deur adv. George Bizos, ’n inleiding deur die dramaturg waarin hy vertel oor die pad wat daartoe gelei het dat hy die drama geskryf het en ’n nawoord deur Yvonne Malan, getiteld “Die krag van morele moed”.

Voorwoord: Wie was Bram Fischer? deur George Bizos
Op soek na Bram Fischer deur Harry Kalmer
Tydlyn
Dramateks
Nawoord: Bram Fischer: Die krag van morele waagmoed deur Yvonne Malan

Harry Kalmer is ’n bekroonde skrywer en regisseur van Johannesburg wat al meer as 20 dramas geskryf het en ook fiksie gepubliseer het.

Related titles

Comments are closed.