Rewolusie Op Ys

Suid-Afrika se Vooruitsigte
  • Publication Date: 2014
  • Dimensions and Pages: 190 x 130 mm, 176 pp
  • EAN: 978 1 86814 610 9
  • Rights: World
  • Recommended Price (ZAR): 170.00

Die groot waarde van Adam Habib se boek lê daarin dat dit nie dogmatiese standpunte herproduseer nie … Hy argumenteer dat ’n nuwe “sosiale verdrag” populêre verwagtinge met dié van die elite moet balanseer in ooreenstemming met die burgerlike samelewing wat moet groei (en sterker word) om die elite verantwoordbaar te maak; hierin sien hy die buitelyne van ’n nuwe of verfrisde progressiewe politieke agenda.
—Shaun de Waal, Mail & Guardian, 28 Augustus 2013
Adam Habib kyk verder as spektakelpolitiek … en gee ’n diepgaande analise van die reeks beleidskeuses wat tydens die demokratiese deur braak in 1994 deur die politieke elite gemaak is. Enigeen wat ’n duideliker begrip wil hê van die groot breuklyne wat hierdie altyd verrassende land Suid-Afrika kenmerk, sal hierdie boek insiggewend vind.
—Karima Brown, politieke joernalis en anker van CNBC Africa se Political Exchange

 

Hierdie boek is verpligte leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat op soek is na oplossings vir die probleme wat ons demokrasie in die gesig staar. Adam Habib bied ’n oorspronklike analise van die politieke en ekonomiese oorgang in die postapartheidera deur die institusionele beperkinge en die magsbalanse wat ’n rol speel in die Suid-Afrikaanse politieke arena, bloot te lê.

Habib pak dilemmas aan soos die dienslewerings- en verantwoordbaarheidskrisis, die skuiwe in ekonomiese beleid, die rol van die burgerlike samelewing en die lewensvatbaarheid van ’n sosiale verdrag, en ondersoek so die faktore wat politieke en beleidsuitkomste beïnvloed. Dit sluit die mag en hefboomkrag van politieke partye, die sakesektor, buitelandse beleggers, vakunies, organisasies in die burgerlike samelewing asook globale mag en instellings in. Hy glo dat individue en instellings met ’n bietjie verbeelding, kan optree téén die grein van ’n gegewe historiese oomblik en die gemeenskap in sy geheel verander.

South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects het in 2013 verskyn. Rewolusie op Ys: Suid-Afrika se Vooruitsigte is ’n verkorte en vertaalde weergawe van die oorspronklike Engelse uitgawe en dien as ’n ideale inleiding vir enigeen wat geïnteresseerd
is in Suid-Afrika se vooruitsigte.

Oor die skrywer

Adam Habib is ’n gerespekteerde sosiaalpolitieke analis, ’n vooraanstaande akademikus en ’n gesoute politieke aktivis wat aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en aan die Graduate Center van die City University van New York studeer het.

Hy is sedert 2013 visekanselier en rektor van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en het akademiese poste
beklee aan die Universiteit van Durban-Westville, die Universiteit van KwaZulu-Natal (waar hy die stigtersdirekteur van die Centre
for Civil Society was), die Universiteit van Johannesburg en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.

 

Related titles

Comments are closed.